Wie is ons

Hoezit is ’n gatskop webwerf propvol interessante goeters vir nuuskieriges, verveeldes en avontuurlustiges. Ouens en meisies tussen 7 en 14 gaan hope doendinge, dinkdinge en deeldinge hier vind – kom kuier saam met ons en vertel ons jou storie!

Ons inhoud fokus op:

Nuus & Vermaak – alles oor die jongste rolprente, DVD’s, musiek en sterrenuus, hope boeke, tegnologie en speletjies

Slimkop – interessante feite oor ons planeet, tegnologie, diere, die ruimte, geskiedenis en nog meer. Vertel  ook jou ouers en onderwysers waar hulle cool taak- en klashulp kan kry vir allerhande vakke!

Ek voel – pla boelies jou? Verlief en verlore? Gestres oor toetse? Ons kan help!

Vet pret – selfdoendinge, sudoku’s en woordsoeke, quizzes, legkaarte, infografika’s…

Hoezit is nie net ’n gatskop webwerf vir die jongklomp nie, maar spog ook nou met ’n afdeling vir Ouers en Onnies. In hierdie afdeling sal jy resepte, sielskos, kreatiewe idees en interessante doengoed kry.

Ons wil baie graag hoor wat julle laat tiek – stuur vir ons briefies, boodskappe, foto’s, en laat weet ons wat julle dink en voel!

Jou naam (vereiste)

Jou e-pos adres (vereiste)

Onderwerp

Your Message