Ek voel

Wat is jou leerstyl?

styleAs jy eers weet hóé jy leer, sal jy dit makliker kan doen – en boonop beter punte behaal!

Jou maatjie wat langs jou in die klas sit, maak altyd breinkaarte en kry dan goeie punte. Beteken dit jy moet ook breinkaarte begin maak? Nie noodwendig nie! Almal het verskillende talente en sterkpunte. Jou leerstyl is dalk anders en deur uit te vind hoe jy die beste leer, sal jy dit makliker en beter kan doen.
Kyk na dié leerstyle – pas een dalk by jou?

Onthou jy nuwe inligting die heel beste wanneer jy prentjies, kaarte of video’s sien wat die werk verduidelik?

Wenke vir hierdie leerstyl:

  • Maak sin van die werk deur prente. As jy byvoorbeeld die watersiklus moet leer, kyk na ’n prentjie daarvan en teken die fases daarop aan.
  • Kyk video’s oor die onderwerp op YouTube.
  • Omkring belangrike woorde in kleur sodat dit uitstaan.
  • Doen hersiening deur prentjies te teken. Maak asof jy die onderwyser is en verduidelik die werk aan jouself terwyl jy teken.
Ore

Onthou jy nuwe inligting die heel beste wanneer jou onderwyser vir jou die werk in die vorm van ’n storie vertel? Of dalk wanneer julle dit as ’n groep bespreek?

Wenke vir hierdie leerstyl:

  • Verduidelik die werk hardop aan jouself, of lees dit, en neem jouself op. Terwyl jy soggens aantrek of jou ontbyt eet, kan jy rustig na jou leerwerk luister.
  • Verduidelik die werk aan enigiemand wat gewillig is om na jou te luister. Jy kan selfs die werk aan jou teddiebeer verduidelik.
  • Brei jou kennis oor die onderwerp uit deur met jou ouers, boeties of sussies daaroor te gesels.
Bene

Onthou jy nuwe inligting die heel beste wanneer jy kan beweeg terwyl jy leer? Onthou jy dus elke woord van ’n liedjie as jy dans terwyl jy dit luister, maar nie wanneer jy stilsit nie?

Wenke vir hierdie leerstyl:

  • Doen eksperimente oor die werk as jy kan.
  • Bou ’n storie oor die werk met jou lego-mannetjies, teddiebere of poppe.
  • Bou ’n basiese model van die werk met enigiets wat in jou kamer rondstaan.
  • Teken ’n prentjie van die werk in die sand of grond – of gebruik selfs skeerroom op ’n spieël!
  • Sit op ’n groot pilates-bal, eerder as op ’n stoel, en bons op en af terwyl jy leer.

Bron: https://teach.com/what/teachers-teach/learning- styles

Verwante artikels