Slimkop

Waarlik belaglik

Dis moeilik om te glo, maar hierdie gediertes bestaan werklik!
Glasruspe

Glasruspe

Glasruspe

Wetenskaplike naam: Isochaetes beutenmuelleri

Voorkoms: VSA (maar hulle is baie skaars)

Eet: Eikeboomblare in moerasse

Vreemde feite:

  • Hulle lyk soos Kersboomversierings van glas.
  • Hul lywe is oortrek met fyn, giftige stekels.
Salie-korhoender

Salie-korhoender

Salie-korhoender 

Wetenskaplike naam: Centrocercus urophasianus

Voorkoms: Noord-Amerika

Eet: Meestal salieplante, maar ook insekte

Vreemde feite:

  • Het ’n waaieragtige, lang, gepunte stert en vere tot by die tone.
  • As die plante wat hulle eet sappig genoeg is, het hulle nie ekstra water nodig nie.
Amasone-kroonvlieëvanger

Amasone-kroonvlieëvanger

Wetenskaplike naam: Onychorhynchus coronatus coronatus

Voorkoms: Woude van die Amasone

Eet: Insekte

Vreemde feite:

  • Hul lywe is bruin, maar hulle het ’n pragtige rooi-oranje kuif met swart en blou kolle.
  • Die voël is 16,5cm lank, maar bou ’n massiewe nes van tot 182cm.
7339766

Lang-oor springmuis

Lang-oor springmuis

Wetenskaplike naam: Euchoreutes naso

Voorkoms: Suide van Mongolië en Noorwes-China

Eet: Insekte

Vreemde feite:

  • Hul ore is omtrent ’n derde langer as hul koppe en hul sterte omtrent dubbel so lank soos hul lywe.
  • Groot agterpote help hulle om te spring.
  • Hulle is meestal nagdiere.
Rooilip-vlermuisvis

Rooilip-vlermuisvis

Rooilip-vlermuisvis

Wetenskaplike naam: Ogcocephalus darwini

Voorkoms: Diep waters van die Galapagos-eilande

Eet: Klein vissies, krappe, garnale en weekdiere

Vreemde feite:

  • Die vis het al só aangepas dat dit nie meer soos ’n vis lyk nie.
  • Hulle kan hul pektorale- en bekken-vinne beweeg asof hulle loop.
  • Word tot 40cm lank.
Doring-insek

Doring-insek

Doring-insek

Wetenskaplike naam: Umbonia spinosa

Voorkoms: Suid- en Sentraal-Amerika en Mexiko.

Eet: Vrugte

Vreemde feite:

  • Hul lywe lyk amper soos ’n roosboom se dorings.
  • Hulle het ’n groen-geel kleur met rooi strepe.
Bloudraak-seeslak

Bloudraak-seeslak

Bloudraak-seeslak

Wetenskaplike naam: Glaucus atlanticus

Voorkoms: Moontlik in talle oseane, veral naby Suid-Afrika, Mosambiek, Europa en Australië.

Eet: Giftige diepseevisse - en stoor dan dié gif in hul lywe!

Vreemde feite:

  • Hulle is net 3cm lank.
  • Hul lywe is silwer-grys met donkerblou strepe, en ses aanhangsels wat vingeragtige takkies maak.
  • Hulle is giftig en steek baie seer.
Juweel-slakruspe

Juweel-slakruspe

Juweel-slakruspe 

Wetenskaplike naam: lid van die Dalceridae-familie

Voorkoms: Noord- en Suid-Amerika

Eet: Koffie en sitrusplante

Vreemde feite:

  • Hul vet, helderkleurige lywe lyk of dit met ’n deurskynende jellielagie oortrek is.
  • Hulle is taai, soos gom, sodat ander diere hulle nie sal eet nie.
  • Daar is 84 spesies van dié gedierte.
Flennie-mot

Flennie-mot

Flennie-mot

Wetenskaplike naam: Megalopygidae

Voorkoms: Noord-Amerika en tropiese gebiede

Eet: Eike- en olmbome

Vreemde feite:

  • Het lang hare en lyk soos ’n klein Persiese kat.
  • Larwes lyk soos katoenballetjies.
  • Hul giftige stekels kan inflammasie veroorsaak. Die pyn kan glo voel soos wanneer jy ’n been breek! Ander simptome is naarheid, hoofpyn, moeilike asemhaling en borspyne.
Related Posts