Boeke

Die nuwe Hoezit! is hier!

Jippie! Die nuwe Hoezit! is hier en is propvol inligting oor die wonderwêreld van reptiele en amfibieë. As jy nog altyd gewonder het wat is die grootste en gevaarlikste reptiele op aarde of watter soort slang is die giftigste, dan moet jy dié feiteboek kry! Daar is 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto’s, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van reptiele en amfibieë kan verken. Leer ken die reptiele en amfibieë se oeroupagrootjies, speel slangetjies-en-leertjies en leer speel-speel die giftigste slange ter wêreld ken, en ontmoet ’n paar van die vreemdste reptiele en amfibieë. Gaan snuffel in boekwinkels of gaan na LAPA Uitgewers om jou boek te bestel.

Verwante artikels